|

Standerton-tak en Lekwa Plaaslike Munisipaliteit maak substasie skoon

AfriForum se Standerton-tak het op 23 Februarie saam met die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit die gras by die hoofsubstasie in Mopanieweg gesny.

Hierdie aksie volg ná lede van die munisipaliteit uitgereik het na die AfriForum-tak om te help om die gras en bosse, wat wild gegroei het, by die substasie te sny. Lang gras en bosse is ’n brandgevaar by die substasie en daarom ook ’n veiligheidsrisiko vir die persone wat hierdie substasie in stand moet hou.  

Die munisipaliteit het seker gemaak dat daar nie lewendige elektrisiteit by die substasie was terwyl die skoonmaak-aksie aan die gang was nie en dat geen persoon in gevaar sal wees indien die krag sou aankom nie. Die aksie het tydens beurtkrag plaasgevind en het geen verdere ongerief vir die inwoners van Standerton veroorsaak nie.

“Ons is dankbaar dat lede van die munisipaliteit na ons uitgereik het. Dit skep ’n geleentheid om infrastruktuur beter te beveilig dat personeel veiliger daar kan werk,” sê Leon Enslin, AfriForum se takvoorsitter in Standerton.

Sluit vandag aan by AfriForum se Standerton-tak, SMS “Standerton” na 45340 (R1)

Soortgelyke plasings