|

AfriForum se Thabazimbi-tak plant bome vir boomplantmaand

AfriForum se Thabazimbi-tak het onlangs hul deel gedoen vir boomplantmaand. Die tak het vyf bome aan Laerskool Thabazimbi geskenk en saam met die hoof en skoliere dié bome geplant.

“Ons is hier om ’n verskil te maak,” sê Pieter Lamprecht, voorsitter van die Thabazimbi-tak.

Die doel van hierdie projek is om die omgewing te verbeter vir toekomstige generasies.

“Bome het egter deurlopende sorg nodig om te floreer en die Thabazimbi-tak onderneem om hierdie bome te versorg,” sê Magdel Strauss, distrikskoördineerder vir Limpopo.

Raak betrokke by die AfriForum-tak in Thabazimbi deur jou naam te SMS na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings