|

AfriForum se Fichardtpark-tak verwyder 48 ton vullis

AfriForum se Fichardtpark-tak in Bloemfontein het op 18 en 19 September vullis in Fichardtpark verwyder nadat die Mangaung Metro die afgelope drie weke geen vullis verwyder het nie. Waste Retrievers het AfriForum met die vullisverwydering gehelp en sowat 48 ton vullis is in Fichardtpark verwyder.

AfriForum lewer reeds sedert September 2020 ’n volhoubare vullisverwyderingsdiens aan inwoners van Bloemfontein wat by die vullisverwyderingsdiens aangesluit het omdat die metro nie gereeld vullis verwyder het nie.

“Dit is uiters swak dat die metro nie die basiese dienste waarvoor belastingbetalers maandeliks betaal, kan lewer nie. Dit veroorsaak ’n omgewings- en gesondheidsrisiko vir die gemeenskap,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Die organisasie het reeds ’n brief aan Sello More van die Mangaung Metro geskryf oor die swak dienslewering.

“AfriForum moedig die gemeenskap aan om van dié vullisverwyderingsdiens gebruik te maak. Enigiemand kan van die diens gebruik maak; dit is nie eksklusief vir AfriForum-lede nie. Inwoners wat van die diens gebruik maak, ontvang unieke groen AfriForum-vullissakke en ’n skedule is ook beskikbaar om te sien op watter dag vullis in die betrokke gebied verwyder word,” sê Groenewald.

Registreer hier vir AfriForum se vullisverwyderingsdiens of SMS “Bloemfontein” na 45344 (R1) om by AfriForum se Bloemfontein-takke aan te sluit.

Soortgelyke plasings