|

AfriForum se Upington-tak help om duikweg skoon te maak  

Die AfriForum-tak in Upington het onlangs in samewerking met Walker Midas en Sakkie se Arkie die duikweg in die middedorp skoongemaak. Dié duikweg is in die hoofstraat van Upington geleë waar talle voertuie daagliks pendel. Rommel wat in die duikweg ophoop hou sowel ’n veiligheids- as gesondheidsrisiko vir die gemeenskap in en dit is noodsaaklik om hierdie gebied skoon te hou.

Upington se brandweerdiens het ook aan hierdie projek deelgeneem en riete – wat as wegkruipplek deur misdadigers gebruik word – en rommel wat nie opgetel kon word nie verbrand.

Die tak bedank graag Walker Midas, Sakkie se Arkie en die Upington-brandweerdiens vir hul samewerking tydens hierdie skoonmaakprojek.

Erica Strauss, voorsitter van AfriForum se Upington-tak, het ná afloop van hierdie projek ’n uitdaging aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit gerig om die res van die dorp skoon te hou.

Soortgelyke plasings