|

AfriForum se Ventersdorp-tak raak van hope rommel ontslae

Die AfriForum-tak in Ventersdorp het die afgelope maand weggedoen met hope rommel in die omgewing. Die tak het saam met vrywilligers vir die Herotel-projek in Voortrekkerstraat skoongemaak, rommel verwyder en bome gesnoei. ’n Totaal van 6,7 ton vullis – of 342 sakke – is tydens hierdie projek verwyder.

Die volgende strate is ook skoongemaak, Hentie van Aswegen- en Graaffstraat. Die tak het ook sowat 2,5 ton vullis en bourommel net uit Hentie van Aswegenstraat alleen verwyder.

Die tak is tans besig om borde op te sit wat die gemeenskap maan om nie vullis te strooi nie. Hulle is ook in die proses om kameras op te rig wat gemoniteer sal word om die skuldiges aan die man te bring. Daar word ’n ernstige beroep op die gemeenskap gedoen om nie vullis in die dorp te strooi nie.

Die tak doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te ondersteun met brandstof (95 oktaan) vir die masjiene wat hulle gebruik. Hulle bedank ook die mense wat reeds bygedra het.

“Dis hartseer dat die dorp in só ’n toestand is. Mens wonder wat van inwoners se integriteit geword het. Die munisipaliteit moet egter ook tot verantwoording geroep word, want verordeninge word nie toegepas nie en die vullisterrein sowel as die pad daarheen is in ’n haglike toestand. AfriForum is besig om druk op die munisipaliteit te plaas om iets aan die situasie te doen,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

SMS “Ventersdorp” na 45344 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings