|

AfriForum se Wes-Moot-tak plant vier bome by Hoër Tegniese Skool Pretoria-Tuine

AfriForum se Wes-Moot-tak het op 7 September vier bome by die Hoër Tegniese Skool Pretoria-Tuine as deel van dié burgerregteorganisasie se boomplantmaandprojek geplant.

Daar is besluit om twee Henkel-se-geelhoutbome, ’n outeniekwageelhout en een soetdoringboom te plant aangesien hierdie bome inheemse bome en immergroen is. Dié bome sal ook in die toekoms vir ruim skaduwee sorg.

“Om ’n boom te plant bewys dat ’n mens in die toekoms glo. Al gaan jy dalk nie self die vreugde van die boom geniet nie, glo jy dat jou nageslag wel sal. Soos die Chinese spreekwoord lui: Een generasie plant die bome, en ’n ander kry die skaduwee. Ek wil graag mense aanmoedig om dwarsdeur die jaar bome te plant om sodoende hoop vir die toekoms te help skep,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord.

Sluit gerus met ’n vrywillige maandelikse bydrae aan deur op die gratis Telegram-boodskaptoepassing ’n kort verifikasie by https://t.me/AfriForumBuurtBot te doen of SMS “Wes Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings