Reitz
|

AfriForum se Reitz-tak reorganiseer

Die AfriForum-tak in Reitz het op 8 Junie 2022 ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens die tak se bestuur gereorganiseer het. Nuwe bestuurslede is by hierdie geleentheid verkies deur die gemeenskap waar hulle kon insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig.

Die nuwe takbestuur bestaan uit Jean Hugo (voorsitter), Retha Rossouw (ondervoorsitter), Hannes Fourie (tesourier), Danielle Maree (sekretaris), Lezane Steyn en Pieter de Winnaar (gemeenskapsveiligheid), Jakes Jacobz en Hennie de Winnaar (plaaslikeregeringsake), Andre Meintjes (omgewingsake), asook Dené Lourens en Gert Heymans (jeug).

Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland, bedank die Reitz gemeenskap vir hul insette tydens die reorganisasie, asook die bestuurslede vir hul bereidwilligheid om op die takbestuur te dien. “Die nuwe bestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare en impakvolle selfdoenprojekte te begin. As die gemeenskap saamstaan om ’n beter omgewing en toekoms vir almal te skep, kan daar berge versit word.”

Die bestuur versoek die gemeenskap om vandag nog by dié tak betrokke te raak: SMS “Reitz” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings