|

AfriForum se Bethal-groentetuin lewer 154 kg spinasie

Die AfriForum-tak in Bethal het op 13 en 14 Oktober 2021 154 kg spinasie uit die tak se groentetuin geoes. Dit was die tak se tweede oes vanuit hulle groentetuin en die groente word aan gemeenskapsinstansies geskenk.

Die Bethal-sopkombuis, Palm Oord, Silwerjare tehuis vir bejaardes en die Marietjie van Niekerk-voedselhulpprojek het van dié spinasie ontvang. Die totale waarde van voedselhulp wat die projek tot dusver vir 2021 opgelewer het, is R12 000.

“Hierdie projek skep hoop in ons gemeenskap en dit maak die las in die gemeenskap ligter,” sê Marilè Nieuwoudt, lid van AfriForum se Bethal-tak en koördineerder vir die groentetuinprojek.

Nuwe aanplantings vir boontjies, tamaties, komkommer en murgpampoene word vir die komende seisoen beplan bo en behalwe vir die spinasie, uie, aartappels en blaarslaai wat reeds groei.

’n Drukpomp is ook by die groentetuin geïnstalleer om te help met die besproeiing van die tuin wat tans 300 m2 groot is.

Sluit vandag nog by AfriForum se Bethal-tak aan om deel van die verskil te wees: SMS “Bethal” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings