AfriForum se Witbank-tak doen opknappingswerk

Die AfriForum-tak in Witbank gaan voort met hul volhoubaarheidsprojek om die dorp op te knap. Die tak het tot dusver in Maart spoedhobbels herstel, stopstrate en voetoorgange oorgeverf en slaggate gevul. Aangesien die strate se swak toestand ’n veiligheidsrisiko geword het, het die tak besluit om in te gryp en dit op te knap.

“Die plaaslike munisipaliteit versuim steeds om die nodige instandhoudingswerk aan Witbank se infrastruktuur te doen en daarom het AfriForum se Witbank-tak besluit om die projek aan te pak,” sê Leon Viviers, ondervoorsitter van AfriForum se Witbank-tak.

Dié volhoubaarheidsprojek het in Oktober 2019 afgeskop, as deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog.

“Ons daag die gemeenskap en plaaslike ondernemings uit op by hierdie projek betrokke te raak – saam kan ons Witbank weer ’n mooi en funksionerende stad maak,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Om by AfriForum se Witbank-tak aan te sluit, stuur ’n e-pos aan Bronwen Pretorius by bronwen.pretorius@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings