|

#OnsDorp-projek: AfriForum se Zeerust-tak hou Burger-monument in stand

Die AfriForum-tak in Zeerust het in Oktober voortgegaan met die volhoubare skoonmaak van die Burger-monument. Die tak het in Mei vanjaar verantwoordelikheid vir die monument geneem wat gedurende die maand vir die eerste keer skoongemaak is en sedertdien onderhou word. Op hierdie manier verseker die tak dat die monument bewaar word en dat die terrein in stand gehou word.

“Ons is baie dankbaar dat ons die monument kan onderhou. Toe ons verantwoordelikheid geneem het vir die monument was die terrein baie vuil en oorgroei met plante omdat dit vir baie jare nie instandgehou is nie. Die terrein en monument lyk nou weer baie mooi,” sê Pierre van der Walt, ondervoorsitter van AfriForum se Zeerust-tak.

“Die #OnsDorp-projek is van stapel gestuur om ons dorpe en woongebiede op te knap. Met die projek stuur ons ’n boodskap uit dat ons verantwoordelikheid neem vir ons eie areas. Ons sal self ons dorpe onderhou as die verantwoordelike partye dit nie doen nie,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

AfriForum wil graag ’n groter verskil in die gemeenskap maak en moedig inwoners aan om betrokke te raak. Sluit vandag nog by AfriForum se Zeerust-tak aan deur vir Van der Walt te skakel by 082 569 8564 of SMS “Zeerust” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings