|

AfriForum-skenking bring verligting vir Williston-tehuise

Die Emmanuel- en ACVV Amandelhof-tehuise op Williston, wat ’n permanente tuiste bied aan nagenoeg 40 voorvatters van ’n vorige generasie, het onlangs ’n welkome skenking van die plaaslike AfriForum-tak ontvang toe vragte groente en klere hier afgelaai is.

Hoewel die tehuise in die verlede dikwels skenkings van boere uit die omliggende distrik ontvang het, trek dié ook nou noustrop, verduidelik Marnel Louw, voorsitter van AfriForum se Williston-tak. “Die boere kry self ook al so swaar en kan nie meer altyd help nie. Boonop kan daar nie op hulp van die staat af gewag word nie en daarom is die hulp wat die Williston-tak hier lewer, nou van kritieke belang,” meen Louw.

Die tak se skenking sluit onder meer beet, pampoene, aartappels, uie, wortels, kool en appels in. “Hierdie groente en vrugte is noodsaaklik vir ’n gesonde en gebalanseerde dieet en waar ons nou weer aan die vooraand van die kouer seisoene staan, weet ons dat die skenking ’n groot verskil sal maak in die lewe van hierdie kwesbare lede van ons gemeenskap,” verduidelik sy.  

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en raak betrokke AfriForum se Williston-tak.

Soortgelyke plasings