|

AfriForum stel jongste episode in dokumentêre reeks oor Suid-Afrika se oop grense bekend

Die derde episode van die dokumentêre reeks Open Borders is vandag bekendgestel.

Hierdie episode getiteld “Cannabis and cattle theft” fokus op hoe die gebrek aan grensbeheer tussen Suid-Afrika, Lesotho en Eswatini oorgrensmisdaad aanwakker. Een van die hooftemas in hierdie episode is hoe gesteelde beeste en dagga oor dié grense gesmokkel word.

Open Borders ondersoek die gevolge wat gewone Suid-Afrikaners in die gesig staar as gevolg van die gemak waarmee die grens onwettig oorgesteek kan word en wat vrywilligers in grensgebiede doen om misdaad te bekamp deur buurtwagte en ander burgerlike veiligheidstrukture te stig.

“Die film illustreer hoe aaklig die situasie op Suid-Afrika se grense met hierdie twee lande is. Die grens bestaan letterlik nie,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid en regisseur van dié dokumentêr.

“AfriForum het 166 buurtwagte landwyd en baie van hierdie burgerlike veiligheidstrukture val in grensgebiede. Hierdie vrywilligers het geen ander keuse as om op te tree en die veiligheid van hul gemeenskappe in hul eie hande te neem nie. Die regering versuim om grensbeheer af te dwing en daarbenewens blyk dit dat die regering ook nie die politieke wíl het om hierdie enorme probleem op te los nie,” sluit Broodryk af.

Kyk Open Borders: Cannabis and cattle theft hier of op AfriForumTV.

Soortgelyke plasings