| |

AfriForum se Strand-tak dien die gemeenskap

Die AfriForum-buurtwag in die Strand het op 21 Januarie ’n suksesvolle massapatrollie in samewerking met ander veiligheidsrolspelers in die omgewing aangepak. Die patrollie het 18:00 afgeskop en om 06:00 die volgende oggend geëindig, verskeie insidente is suksesvol hanteer.

Die tak het ook tydens die feesseisoen saam met die Strand Patrol-buurtwag Kersgeskenke aan sowat 246 kinders uitgedeel.

Hierdie aksies het ten doel om sigbaarheid te verhoog, kriminele aktiwiteite te verminder en verhoudings te bou met ander veiligheidsrolspelers in die omgewing.

“Ons wil graag almal wat betrokke was en hul vryetyd opgeoffer het om die gemeenskap in die Strand veilig te hou opreg bedank. Ons sal aanhou om kragte te span saam met ander organisasies om die gemeenskap effektief te kan dien,” sê KC Gericke, AfriForum se veiligheidsvoorsitter in die Strand.

Raak by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke deur ’n SMS met die woord “VEILIG” na 45350 te stuur.

Soortgelyke plasings