|

AfriForum stig Bankhara Budolong-buurtwag

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 23 Oktober 2019 ’n nuwe buurtwag in Bankhara Budolong buite Kuruman gestig. Dié buurtwag vorm deel van AfriForum se Kuruman-tak.

Volgens Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek, gaan die Bankhara Budolong-gemeenskap gereeld onder misdade soos diefstal en roof gebuk. Die nuwe buurtwag wil dié misdade in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies probeer hokslaan. Ander AfriForum-buurtwagte in die omgewing sluit die Kuruman-buurtwag in, wat al verskeie suksesse behaal het.

Die buurtwagbestuur bestaan uit Jannie Sehlangu (voorsitter), John Chabanku, Patrick Baatlhodi, Annah Selonjane en Nomsa Sibande.

Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Buurtwag” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings