|

AfriForum stig buurtwag in De Rust

AfriForum het op 12 September ’n buurtwag in De Rust gestig. Petro Swanepoel sal as buurtwagleier dien met Werner Alverts, Julius Botha en Annika Rossouw op dié buurtwagbestuur.

Volgens Swanepoel kan die beveiliging van ’n gebied nie in silo’s bedryf word nie en daarom sluit AfriForum se De Rust-buurtwag by ’n uitgebreide netwerk van ander AfriForum-strukture aan. AfriForum glo daarin dat alle veiligheidsrolspelers saam aan ’n gemeenskaplike doel moet werk en ons vat graag hande met die groter gemeenskap van Oudtshoorn en die omliggende gebied om dít te beveilig.

“Die veiligheidsuitdagings wat ons gemeenskappe deesdae in die gesig staar vereis dat ’n buurtwaglid met die nodige kennis toegerus is om met selfvertroue op te tree en goeie besluitneming aan die dag te kan lê, ons het ’n omvattende opleidingsprogram en sal spoedig daarmee begin,” sê David Olivier, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

Raak vandag by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings