AfriForum stig tak en buurtwag in Ventersdorp


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 10 November 2017 sowel ’n tak as ’n buurtwag in Ventersdorp gestig. Dít spruit uit die behoefte van gemeenskapslede om swak dienslewering, veiligheidskwessies en omgewingsprobleme in dié dorp op te los.
Die takbestuur bestaan uit Orton van Jaarsveld (voorsitter), Johan Bal (ondervoorsitter en jeug), Herman Meyer (tesourier en veiligheid), Martie Smit (sekretaris), Sias Woite (omgewingsake) en Leon Smit (plaaslikeregeringsake).

“Die tak is ywerig om aan die werk te spring om ’n positiewe verskil te maak en ons doen ’n beroep op die gemeenskap om by dié nuwe AfriForum-tak en -buurtwag aan te sluit,ʺ sê Stephen Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die sentraalstreek.

Raak vandag betrokke: SMS “Ventersdorp” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings