AfriForum-tak maak Phalaborwa skoon


AfriForum se Phalaborwa-tak het hierdie maand verskeie kere die dorp skoongemaak, die tuintjie by die ingang van die dorp opgeknap en vullis verwyder as deel van hul dorpskoonmaakprojek.
Die tak het vullis op die dorp verwyder nadat ál vier munisipale vullisverwyderingsvragmotors onklaar geraak het en vullis vir meer as twee weke nie verwyder is nie. Volgens Saartjie Matthysen, voorsitter van AfriForum se Phalaborwa-tak, skep dit ’n groot gesondheidsrisiko, onder meer as gevolg van rondloperhonde en rotte wat in die vullis krap.

“Die verskil wat die tak op die dorp maak, kan duidelik gesien word en al meer mense begin betrokke raak. Ons wil graag die vrywilligers wat ons keer op keer help om die dorp skoon te maak vir hulle tyd en moeite bedank,” sê Gail van Barkenhuizen, sekretaris van AfriForum se Phalaborwa-tak.

Om deel te word van die verskil, SMS “Phalaborwa” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings