Kempton Park voldoen nie aan rioolvereistes


Die burgerregte-organisasie AfriForum het die rioolwateruitvloei in die Swartspruit in Kempton Park op 17 Augustus 2017 om die gehalte van dié stad se rioolwater te bepaal. AfriForum se Kempton Park-tak het SANAS-geakkrediteerde toetse uitgevoer nadat verskeie gemeenskapslede aanhou kla het oor die ondraaglike stank wat uit die Swartspruit styg. 

“Ons het vasgestel dat die rioolwater nie aan die vasgestelde minimum standaarde voldoen nie. Fekale kolivorme, E. coli, nitrate en fosfate het alles positief getoets. Boonop is die konsentrasie daarvan hoër as die gestelde standaard,” sê Marie Naude, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng. Naude sê dat AfriForum sal verseker dat die besoedelingsprobleme so spoedig moontlik opgelos word. Die organisasie het reeds ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig waarin dit eis dat die probleem binne 48 uur opgelos word.
“Ons sal aandag aan rioolwerke moet begin skenk. Ons kan nie toelaat dat onbekwame munisipale amptenare die gehalte van ons hulpbronne bedreig nie,” sê Rian van Jaarsveld, voorsitter van AfriForum se Kempton Park-tak.
“Ons moedig inwoners van Kempton Park aan om aan AfriForum die mandaat te gee om watergehalte deurlopend te toets. SMS “Kempton Park” na 45342 (R1) om dié aksie te steun.

Soortgelyke plasings