|

AfriForum-tak plant bome vir ’n nóg groener Vereeniging

AfriForum se Vereeniging-tak het die afgelope Vrydag (20 Oktober 2023), as deel van dié burgerregteorganisasie se Nasionale Boomplantprojek, ses bome by M&G Autism Center in Drie Riviere, Vereeniging, geplant. ’n Verdere 20 bome is ook geskenk aan Proudly Three Rivers, ’n organisasie wat hom beywer vir die opknapping van die Drie Riviere-gemeenskap se strate, sypaadjies en parke. Die Vereeniging-tak en Proudly Three Rivers sal in die komende weke dié bome in ’n gesamentlike boomplantaksie op verskeie plekke in Drie Riviere aanplant.

Volgens Innes Erasmus, AfriForum se Vereeniging-takvoorsitter, is samewerking met ander gemeenskapsorganisasies belangrik. “Dit is goed om hande te vat met projekte soos dié sodat ons saam ’n groter verskil in ons gemeenskap kan maak. Die gemeenskap se betrokkenheid is ook noodsaaklik, want sonder hul hande kan ons nie ’n verskil maak nie,” sê Rossouw.

Gemeenskapslede wat by hierdie aktiewe tak wil aansluit, kan ’n e-pos stuur na vereeniging@afriforumtak.co.za.

Soortgelyke plasings