|

AfriForum-takke in Lydenburg en Nelspruit maak dorpe skoon

Die AfriForum-takke in Lydenburg en Nelspruit het op 15 Oktober skoonmaakaksies in hul onderskeie dorpe aangepak. Die Nelspruit-tak het weer met WeCare4 Nelspruit saamgewerk en die Lydenburg-tak het hulle aksie saam met gemeenskapslede aangepak. AfriForum se Nelspruit tak het op 15 Oktober weer die gemeenskaps skoonmaak projek van WeCare4 Nelspruit bygestaan met ‘n skoonmaak projek in Ferreira staat.

Die Nelspruit-tak en WeCare4 Nelspruit het onder meer die groenstrook langs Ferreirastraat skoongemaak. Die AfriForum-tak het die operasionele kostes gedek en ook waterskoene vir die arbeiders geborg. Bosse is ook uitgedun en die spruit is skoongemaak. Working on Fire gaan die bosse later uitbrand.

“Dit is nodig dat ons as gemeenskap saam hierdie projek ondersteun, dit maak ’n groot verskil in Nelspruit,” sê Hugo de Beer, AfriForum se takvoorsitter in Nelspruit.

Die Lydenburg-tak en gemeenskapslede het Rossouwstraat skoongemaak. Hierdie skoonmaakaksie in Lydenburg is deel van hul volhoubare projekte wat reeds in September begin het en steeds momentum opbou. Die Lydenburg-tak het ook die operasionele kostes van hierdie aksie gedra.

“Dit is onaanvaarbaar dat ons as gemeenskap in ’n varkhok moet bly net omdat basiese dienslewering nie geskied nie,” sê Erich Venter, AfriForum se takvoorsitter in Lydenburg. “As ons nie self inspring en iets doen nie gaan ons dorp net verder verval.”

Sluit vandag aan by AfriForum, SMS jou naam na 45340 (R1)

Soortgelyke plasings