AfriForum-takke in KwaZulu-Natal neem aan nasionale patrollie deel

 

AfriForum het tydens die onlangse nasionale patrollie 39 gemeenskappe in KwaZulu-Natal gemobiliseer om op Vrydag 19 Oktober 2018 hieraan deel te neem en gesamentlik 14 421 km is afgelê. Plaaslike gemeenskappe, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) van regoor KwaZulu-Natal het aan dié projek deelgeneem.
Altesaam 479 vrywilligers het met 317 voertuie 2 497 manure voltooi en verskeie gemeenskappe beveilig. Uitstekende ondersteuning is deur die SAPD gegee en 67 polisielede met 34 SAPD-voertuie het ondersteuning aan die patrolleerders gebied.

“Ons het puik ondersteuning vanaf die SAPD – van provinsiale- tot stasievlak – gekry. Daar is ook reeds polisiestasies wat tot dusver nog nie aan die patrollies deelgeneem het nie, wat AfriForum gekontak het om te hoor waar en met wie hulle moet kontak maak om in hul gebied aan toekomstige patrollies deel te neem,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

AfriForum wil elke lid bedank vir hul deelname aan die nasionale patrollie, asook die SAPD en elke privaat instansie wat deelgeneem het.
Kontak Eugene van Aswegen by 076 427 1757 indien jy ’n buurt- of plaaswag in jou dorp wil stig of by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke wil raak. Jy kan ook “Buurtwag” SMS na 45267 (R1).

Soortgelyke plasings