| |

AfriForum-takke leer meer oor gemeenskapsveiligheid

Die AfriForum-tak in George het op 26 Februarie ’n gesellige byeenkoms gehou waartydens opleiding aangebied en ’n hommeltuigdemonstrasie gedoen is.

Die geleentheid is by Oppie Plaas Venue gehou en het hoofsaaklik op gemeenskapsveiligheid en die jeug gefokus.

Enigiemand kon die funksie bywoon.

Daar was ongeveer 60 gaste, terwyl lede van nabygeleë AfriForum-takke ook verteenwoordig was. Hommeltuigvlieëniers van so ver as Hermanus, De Doorns en selfs Klerksdorp was by die funksie.

Manie Botha het die dag met skriflesing en gebed geopen waarna opleiding deur kundiges aangebied is.

Opleiding het onder meer regsaspekte met betrekking tot patrollies en selfverdediging ingesluit. Petri van der Walt, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir dorpstrukture, het die jeug meer vertel waarmee AfriForum Jeug betrokke is. Die aand is afgesluit met ’n hommeltuigdemonstrasie en ’n vingerete waarna gaste saam kon kuier.

Volgens Eduan Naudé, voorsitter van AfriForum se George-tak, was hierdie geleentheid die eerste van ’n reeks projekte wat die tak vir die nabye toekoms beplan. Die tak beplan onder meer verskeie vlakke veiligheidsopleiding, ’n aantal jeugaktiwiteite en nog ander projekte in die groter gemeenskap van George.  

“Ons wil ’n gevoel van samehorigheid tussen die AfriForum-takke in die Suid-Kaap bewerkstellig om sodoende samewerking te bevorder, veral op die gebied van gemeenskapsveiligheid en jeug. Ek dink hierdie geleentheid was die eerste stap in die regte rigting om daardie doel te bereik,” sê  Naudé.

Raak vandag nog by AfriForum se George-tak betrokke: SMS “George” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings