AfriForum-takke in Marico-distrik oorhandig plaasaanvalmemorandum aan SAPD


AfriForum se takke in Hartbeespoort, Brits, Mooinooi, Rustenburg, Swartruggens, Koster, Lichtenburg en Coligny het op 21 November 2017 memorandums aan die plaaslike polisiestasies in dié dorpe oorhandig om die fokus op plaasaanvalle te vestig.

“Dit is vir AfriForum belangrik om ’n goeie verstandhouding met die Suid-Afrikaanse Polisiediens te hê en ons is dankbaar vir elke polisielid wat hul samewerking tydens die oorhandiging van dié memorandums gegee het. Met hierdie aksie beklemtoon ons weereens die erns dat plaasaanvalle geprioritiseer moet word,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes.

AfriForum is tans besig om strukture wat gemik is op die bevegting van geweldsmisdaad in dorpe en op plase te skep en te versterk.
Raak by AfriForum se buurtwagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings