| | |

AfriForum-takke verleen hulp aan Bloem-inwoners tydens waterkrisis

AfriForum se Bloemfontein-takke het sedert 17 Januarie 2022 water verskaf aan inwoners wat min tot geen watertoevoer in die onderskeie woonbuurte gehad het. Dié AfriForum-takke het waterpunte en mobiele waterpunte beskikbaar gestel sodat inwoners van Pellissier, Fichardtpark, Uitsig, Fauna, Hospitaalpark, Langenhovenpark en Universitas water vir huishoudelike gebruik kon kry.

Die waterkrisis het ontstaan nadat waterpompstasies oorstroom het weens die hoë reënval wat in die gebied uitgesak het en modder wat die waterpype geblok het. Bloemfontein AfriForum se takke het hul nood waterpunte beskikbaar gestel aan die gemeenskap. Lede van die gemeenskap, sakeondernemings en verskeie verenigings het ook ingespring om die gemeenskap te help.

“AfriForum se Bloemfontein-takke wil graag die gemeenskap en sakeondernemings bedank wat uitgereik het na die gemeenskap deur water te voorsien. AfriForum se noodwaterpunte is ook opgerig om in noodsituasies water aan die gemeenskap te voorsien,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Sluit vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak aan: SMS “AfriForum” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings