TAKSUKSESSE: NOVEMBER 2023

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Kamiesberg

  • Taklede het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het gehelp met die herstel en opgradering (verf, teer en arbeid) van die pad en toetsstasie wat vir die uitreik van voertuiglisensies in Kakamas gebruik word.
  • Die tak het monsters van sowel kraanwater as water uit reservoirs op vier verskillende plekke geneem om te toets of dit vir menslike gebruik geskik is. Die toetsuitslae het bevestig dat die water nie vir menslike gebruik geskik is nie. Die tak het hierdie uitslae van PathCare saam met skrywes aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit gestuur.
  • Taklede monitor in samewerking met die Gemsbok (die plaaslike koerant) die dorp se watergehalte en het voortgegaan om druk op die munisipaliteit toe te pas om skoon drinkwater vir Kakamas se inwoners te verseker.
  • Taklede het gehelp om spoedhobbels te verf, asook om vullis in die dorp op te tel en na die vullisterrein weg te ry.
  • Die tak het voortgegaan met sy opknappingsprojek by al die ingange na die dorp. Dit behels onder meer die plant van bome en die vestiging van tuine, asook die aanbring van ligte.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat vroeër deur taklede in die parkeerterrein geplant is, natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het 20 kopligte aan die Fire and Rescue-brandweerdiens op die dorp geskenk.
  • Taklede het met brandbestryding gehelp, asook met die voorsiening van water en kos vir al die rolspelers wat gehelp het met die bestryding van brande in en om Kathu.
  • Die tak het op twee geleenthede gehelp om die plaaslike brandweerwa se pap bande in die veld om te ruil sodat die brandbestryders kon voortgaan met hulle werk. Die tak het ook op sy eie onkoste die pap bande van die brandweerwa by Fit-It laat regmaak.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel (wat tot ’n nasionale monument verklaar is), skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, die gras gesny en die beddings skoongemaak.
  • Die tak het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoongehou.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het die beheerkamer se kameras herstel om te help met veiligheid in die dorp.
  • Die tak het hande gevat met die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit deur twee parke aan te neem, dit skoon te maak en die gras te sny. Taklede het die vullis en gesnyde gras na die plaaslike vullisterrein weggery.

Springbok

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gewerk om die plaaslike vullisterrein weer op standaard te bring.
  • Die tak het ’n Paia-aansoek aan B.S. Lenkoe van die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake (COGHSTA) in Kimberley oorhandig om die kwalifikasies van H. Cloete (hoof- finansiële beampte van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit) te bekom.

Upington

  • Die buurtwag het saam met Rhino Security deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het druk op die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen oor die rioolkwessie by die Kalahari-winkelsentrum.

Williston

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Departement van Paaie en Openbare Werke gestuur oor die toestand van grondpaaie in die Noord-Kaap.

Kimberley

  • Die tak het weekliks gedeeltes van Kimberley skoongemaak. Die skoonmaakspan het vullis opgetel en dit met hul sleepwa na die vullisterrein weggery.
  • Taklede het wéér watertoetse by die Kamfersdam geneem. Die uitslae van die toetse het bevestig dat die water met E. coli besoedel is en besig is om die omgewing te benadeel.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Departement van Paaie en Openbare Werke gestuur oor die toestand van grondpaaie in die Noord-Kaap.

Delportshoop

  • Die nuutgestigte buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het saam met ander rolspelers gewerk om die dorp skoon en netjies te hou. Hulle het vullis opgetel en bome gesnoei én dit na die vullisterrein weggery.

Bo-Karoo

  • Die tak het ’n skrywe aan die Departement van Paaie en Openbare Werke gestuur oor die toestand van grondpaaie in die Noord Kaap.

Douglas

  • AfriForum het onlangs sowel ’n tak as ’n buurtwag op Douglas gestig.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Departement van Paaie en Openbare Werke gestuur oor die toestand van grondpaaie in die Noord-Kaap.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Cradock

  • Die tak se noodwatertenks is deur gemeenskapslede benut tydens wateronderbrekings op die dorp

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Oos-Londen

  • Taklede het die Laerskool Grens gehelp om gras te plant.

Port Elizabeth

  • Die tak se 21 noodwatertenks het water aan die gemeenskap voorsien in tye wat woonbuurte in dié stad se krane droog was.
  • Die tak het die toppresteerders van verskeie skole met boekpryse beloon.
  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Walker Drive-buurtwaglede het lugondersteuning aan die SAPD verleen om inbrekers vas te trek.
  • Die Walker Drive-buurtwag het ondersteuning gebied om twee inbrekers aan te keer.
  • Walker Drive-buurtwaglede het twee vermeende moordenaars help vastrek.
  • Die Walker Drive-buurtwag het ’n koperkabeldief aangekeer.
  • Walker Drive-buurtwaglede het ’n vermeende inbreker vasgetrek.
  • Die Walker Drive-buurtwag het lugondersteuning in Addo, waar ’n gewapende roof plaasgevind het, gebied en een verdagte help aankeer. Altesaam drie verdagtes is deur verskillende rolspelers aangekeer.
  • Walker Drive-buurtwaglede het ’n kabeldief op die N2-snelweg vasgetrek.

Uitenhage

  • Die Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan ’n skoonmaakprojek – Trots De Doorns – deelgeneem wat deur die munisipaliteit en ander lede van die gemeenskap gedryf word.
  • Buurtwaglede het die SAPD tydens ’n veiligheidsoperasie ondersteun deur hul hommeltuig in te span. Padblokkades is gehou en drie plakkerskampe is ook gepatrolleer.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n suksesvolle fondsinsameling gehou met die doel om in die toekoms ’n hommeltuig aan te koop.
  • Taklede het die oorblywende donasies wat tydens hul fondsinsameling ingesamel is gebruik om kos aan te koop en aan die Sen CIT Restheaven-ouetehuis te skenk.
  • Die tak se jeugvleuel het kos aan Ons Plek in die Strand geskenk.
  • Taklede het bome geplant by Covenant Creche, ’n laerskool in hul area.
  • Die tak én sy jeugvleuel het aan Ons Plek in die Strand se Kersboksprojek deelgeneem deur ’n aantal bokse te skenk.

Overstrand

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag se spoedige reaksie en ondersteuning met behulp van hul hommeltuig het die SAPD gehelp met die vastrek van ’n verdagte wat gesteelde items in sy besit gehad het.
  • Danksy die OVSRA se beheerkamer en kameranetwerk is ’n verdagte met gesteelde goedere waargeneem, waarna ’n buurtwaglid gereageer en die verdagte in hegtenis geneem het. Die verdagte is daarna aan die SAPD oorhandig.
  • Buurtwaglede het hul hommeltuig ingespan en sodoende twee perlemoenstropers vasgetrek.
  • Die tak het ’n AfriForum Wêreld-bord langs die R43 opgerig en danksy dié bord reeds ’n toename in navrae en aansluitings ervaar.
  • Tak- én buurtwaglede het gehelp om skenkings in te vorder ten einde ’n omskakelaar en batterye aan te koop om die kragtoevoer na die tak se kringtelevisiekameras te herstel.

Paarl

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het bome aan die Paarl Museum en die Wellington Museum geskenk én gehelp om dit te plant.

Stellenbosch

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het ondersteuning aan die SAPD gebied deur hul hommeltuig vir operasies beskikbaar te stel.
  • Taklede het ’n boom aan die munisipaliteit geskenk as deel van die munisipaliteit se boomplantprojek by die Uniepark Arboretum.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas deur ’n Paia-aansoek te bekom om inligting te verkry oor die watergehalte van die riviere in die omgewing.

Strand

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het ’n bewusmakingsaksie saam met ander sekuriteitsmaatskappye gehou waartydens die gemeenskap aangeraai is om die buurtwaglede te ontmoet, vrae te vra en bekommernisse te deel.
  • Die tak het bome aan die Van Niekerk-Benadehof-ouetehuis geskenk én gehelp om dit te plant.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het plat gedrukte drade tussen ’n besige pad en Transnet se skeidslyn reggemaak.

George

  • Die Geelhoutboom- en Herold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die tak se jeugvleuel het ’n sosiale geleentheid saam met verskeie ander AfriForum-takke se jeugvleuels gehou.
  • Die tak het die Victoriabaai-buurtwag gestig.
  • Die tak het in samewerking met die plaaslike GPF ’n kursus oor misdaadtoneelhantering vir sy lede aangebied.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n sosiale geleentheid saam met verskeie ander AfriForum-takke se jeugvleuels gehou.
  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het veldbrand-, veiligheids- en operasionele opleiding ontvang.

Kannaland

  • Die plaaswag het veldbrand-, veiligheids- en operasionele opleiding ontvang.

Knysna

  • Die tak het ’n sosiale groet-en-ontmoet-geleentheid gehou.
  • Die tak het ’n projek saam met Revive Knysna van stapel gestuur wat behels om ’n brugreling te herstel.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana- en Groot Brak-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Herbertsdale-plaaswaglede het as baanbeamptes opgetree tydens ’n Ysterman-kompetisie.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n sosiale geleentheid saam met verskeie ander AfriForum-takke se jeugvleuels gehou.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die De Rust-buurtwag het gereorganiseer.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n sosiale geleentheid saam met verskeie ander AfriForum-takke se jeugvleuels gehou.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het twee skenkings aan kleuterskole in die gemeenskap gemaak.
  • Buurtwaglede het pamflette uitgedeel tydens ’n padblokkade wat hulle saam met Arrive Alive, die SAPD en die verkeerspolisie gehou het.

Durbanville

  • Die buurtwag het weekliks patrollies gehou om hulle gemeenskap te beveilig. Groot suksesse in die bekamping van misdaad is ook tydens die patrollies behaal.
  • Buurtwaglede het aan georganiseerde gesamentlike operasies saam met die SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye deelgeneem.
  • Die buurtwag het ’n operasie saam met Stad Kaapstad, MES en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling gehou om hawelose mense te identifiseer en alternatiewe huisvesting vir hulle te vind sodat misdaad kan afneem.
  • Die tak het aan AfriForum se #OnsDorp-veldtog deelgeneem waartydens taklede parke skoongemaak het en gefokus het op die skoonmaak en herstel van die skaatsbaan.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hulle gemeenskap te beveilig. Hulle het ook talle arrestasies gemaak, veral met betrekking tot inbrake wat onlangs in Bellville en Oakdale toegeneem het. 
  • Die Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hulle gemeenskap te beveilig, terwyl hulle ook die SAPD ondersteun het tydens ’n operasie.
  • Taklede het gereeld skoonmaakprojekte in parke in Bellville gehou.

Kraaifontein

  • Taklede het gereeld parke skoongemaak deur die gras te sny en vullis op te tel.
  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur wat die plant van bome en blomme in twee parke behels. 

Malmesbury

  • Die Rondeberg- en Malmesbury-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het advertensieborde by skole opgerig vir bemarkingsdoeleindes. Die QR-kodes daarop kan gebruik word om by die tak aan te sluit.
  • Taklede het as deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog aan die monumentskoonmaakprojek op die dorp deelgeneem.
  • Die nuutgestigte buurtwag het ’n gesamentlike operasie saam met die SAPD uitgevoer.
  • Buurtwaglede het die SAPD gehelp om die dorp se inwoners te beveilig tydens ’n optog in die dorp.
  • Die buurtwag het talle suksesse behaal, waaronder die vastrek van vermeende inbrekers.
  • Die tak het items soos boeke en CD’s aan ouetehuise op die dorp geskenk.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur wat die identifikasie van drie dorpe behels waar taklede boorgate wil laat sink en watertenks gaan oprig om te dien as noodwaterpunte.

Weskus

  • Die Langebaan-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Hopefield-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig, terwyl hulle ook observasieposte in die omgewing opgerig het.

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Noord van die berg

  • Die tak se tuinspan het 1 984 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se tuinspan het 63 vragte vullis weggery.
  • Die tak se tuinspan het altesaam 28 ha gras gesny.
  • Die tak se tuinspan het 820 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
  • Taklede het 30 slaggate opgevul.
  • Die tak se tuinspan het elke Maandag 13 parke in die omgewing skoongemaak.
  • Taklede het elke Vrydag gehelp om die Heldeakker skoon te maak.

Bronkhorstspruit

  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied tydens ’n huisbraak.
  • Taklede het ’n bemarkingstalletjie by die Bronkhorstspruitdam beman.
  • Die buurtwag het ’n huisbreker in hegtenis geneem.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied tydens ’n voertuigdiefstal.
  • Die buurtwag het ’n klopjag uitgevoer en op dwelms beslag gelê.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.

Centurion

  • Die tak se buurtspan is deur die Centurion Rolbalklub vereer vir die afgelope tien weke se skoonmaakaksies rondom die klub.
  • Buurtwaglede het 77 patrollies deur die loop van die maand gery; 2 500 km is in 204 manure afgelê om hulle gemeenskap te beveilig.
  • Die tak se buurtspan het 9 100 kg vullis na die vullisterrein weggery ná al hul skoonmaakprojekte in November.
  • Die tak se herwinningspan het 7 600 kg vullis uit die gemeenskap sorteer. Dit is gelykstaande aan byna R10 000.
  • Die tak se buurtspan het ’n gevaarlike erf in Ashwoodrylaan skoongemaak.
  • Buurtwaglede het hand bygesit tydens die Laerskool Swartkop se huissportbyeenkoms.
  • Die buurtwag het ’n paar van sy lede vir opleiding in brandbestryding gestuur.
  • Die tak se buurtspan het die Kloofsig-gemeenskap gehelp tydens hul skoonmaakprojek in D.F. Malanrylaan. Hulle het nagenoeg 50 sakke vullis met ’n totale gewig van bykans 700 kg na die vullisterrein weggery.
  • Die tak se buurtspan het by ’n sakesentrum in Valhalla op die hoek van Alaric- en Fergusweg skoongemaak.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Krugersdorp

  • Die buurtwag het saam met verskeie rolspelers in die gemeenskap aan die Arrive Alive Visibility Standoff deelgeneem.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.
  • het lede van die publiek gehelp om hulle gebreekte voertuig uit die pad te verwyder en seker te maak dat hulle veilig is.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n brand in die Krugersdorp Wildtuin te bestry.
  • Buurtwagpatrolleerders het ondersteuning gebied deur ’n veldbrand in die Krugersdorp-begraafplaas te blus.
  • Die buurtwag se teenwoordigheid by die Burger Box-padkafee het tot gevolg gehad dat onwettige straatwedrenjaers nie meer vir wedrenne opdaag nie.
  • Buurtwaglede het saam met die SAPD aan ’n operasie deelgeneem en talle inhegtenisnames gemaak, hoofsaaklik vir die bestuur onder die invloed van alkohol.
  • Die buurtwag het ’n inbreker vasgetrek met gesteelde goedere in sy besit. Die SAPD is ontbied en ’n inhegtenisname is gemaak.
  • Buurtwaglede het ’n gesteelde voertuig opgespoor.

Midvaal

  • Die buurtwag het ’n skietdag vir sy lede gehou.
  • Buurtwaglede het aan die SAPD se maandelikse veiligheidsaksie deelgeneem.
  • Die tak het ’n ledebewusmakingsaksie by die Vasbyt Troepie Fees gehou.

Vanderbijlpark

  • Die tak het 65 klagtes rakende kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het nege klagtes rakende waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het vier klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld. Daar was veral ’n groot rioolprobleem in Livingstoneboulevard voor Cool Sound. Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se terugvoer was dat die rioolpyp vervang moet word.
  • Parsonsstraat 8 nadat ’n lamppaal omgeval en die straat versper het. Die paal is gevolglik uit die straat verwyder.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel by die Faraday-verkeersirkel deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n verdwaalde kind met haar ouers te herenig.
  • Die buurtwag is ontbied ná die diefstal van ’n Ford Ranger by Stonehaven on Vaal.
  • Buurtwaglede het ondersoek ingestel ná ’n onderonsie tussen twee taxi’s waartydens die een taxi se bande met ’n mes stukkend gesteek is.
  • Vaal Mall deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.
  • Buurtwaglede is ontbied ná ’n inbraak by ’n huis in Bernard Pricestraat. Die verdagte het egter reeds gevlug met die buurtwag se aankoms.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op die hoek van Faradayboulevard en Goodyearstraat nadat twee persone in ’n bakleiery betrokke was.
  • Buurtwaglede is uitgeroep na die woning in Bernard Pricestraat 47 nadat ’n verdagte die kragboks oopgebreek het.
  • Daimlerstraat ingebreek het. Hulle het drie groot slypmasjiene (grinders) gesteel voordat hulle op die vlug geslaan het.
  • Buurtwaglede is na Auto Investments ontbied nadat daar aan van die motors van dié motorhandelaar gepeuter is.
  • Die buurtwag het ondersoek ingestel ná ’n bakleiery by die Pioneer House.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied by ’n huis in Carpentierstraat nadat kontant en juwele tydens ’n inbraak gesteel is.
  • het drie keer deur die loop van die maand gras gesny en skoongemaak op die middelman voor Herfsoord-ouetehuis – ’n totaal van 6,75 ha is skoongemaak. Die gras en vullis is daarna na die vullisterrein weggery.
  • Taklede het gras gesny en skoongemaak by Phoenix-park op die dorp – ’n totaal van 2,873 ha is skoongemaak. Die gras en vullis is daarna na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Herbertstraat gehou – ’n totaal van 0,521 ha is skoongemaak. Die gras en vullis is daarna na die vullisterrein weggery.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek in Maxwellstraat gehou – ’n totaal van 0,762 ha is skoongemaak. Die gras en vullis is daarna na die vullisterrein weggery.

OOS-RAND

Alberton

  • Die buurtwag is gekontak nadat ’n gemeenskapslid in Alberton-Noord met ’n mes aangerand is en steekwonde opgedoen het.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op verskeie ongelukstonele deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.
  • Die tak se jeugvleuel en omgewingsake-afdeling het saam met die gemeenskap aan ’n skoonmaakprojek in Nelson Mandelalaan deelgeneem.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n brand by ’n woning in Randhart te blus, waarna die toneel beveilig en die nooddienste ontbied is.

Brakpan

  • Die buurtwag se protospan het suksesvolle taktiese vuurwapenopleiding bygewoon.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n gewapende rower in Minnebron in hegtenis te neem.

Benoni

  • Die buurtwag het in November 2 175 km in 404 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het bome uit ’n pad verwyder nadat dié bome weens gure weer omgewaai het.
  • Die tak het hand bygesit tydens ’n plaaslike muurprentverfkompetisie deur die verkeer te reguleer
  • Taklede het ses bome by die iKhaya da Luz-kinderhuis geplant.
  • het ’n suksesvolle opleidingsessie vir sy patrolleerders aangebied waartydens scenario-opleiding ingeoefen is.
  • Buurtwaglede het aan die jaarlikse Kersrit deelgeneem waartydens Kerspakkies by verskeie kinderhuise uitgedeel is.
  • Die buurtwag het ’n gemeenskapslid ondersteun nadat daar by sy huis ingebreek en twee fietse gesteel is. Buurtwaglede kon darem die fietse opspoor.
  • Buurtwaglede het ondersteuning op ’n ongelukstoneel in Somersetlaan gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.

Boksburg

  • Buutwaglede het inwoners van Impalapark tydens ’n mediese noodgeval ondersteun.
  • Buurtwaglede het ondersteuning op ’n ongelukstoneel in Beyerspark gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.
  • Die buurtwag is na ‘n toneel in Boksburg-Noord ontbied nadat ’n persoon met ’n glasbottel gesteek is.
  • Buurtwaglede het ondersteuning op ’n ongelukstoneel in Viewpoint gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.
  • Die buurtwag het ondersoek ingestel ná ’n skietvoorval in Beyerspark. Buurtwaglede het die nooddienste ontbied en die toneel aan die SAPD oorhandig.
  • Buurtwaglede het ondersteuning op ’n ongelukstoneel in Boksburg-Sentraal gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.

Germiston

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het 287 navrae rondom krag- en waterprobleme, asook ander algemene munisipale kwessies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en plaaslike rolspelers twee verdagtes wat by die kaping van motorfietse betrokke was in hegtenis geneem en beslag gelê op die verdagtes se voertuig.
  • Buurtwaglede het tydens hofverrigtinge getuig om ’n persoon wat met munisipale infrastruktuur gepeuter het, tronk toe te stuur.

Kempton Park

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied ná ’n gewapende rooftog in Bredell.
  • Buurtwaglede het saam met die SAPD ’n padblokkade in die dorp gehou.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD aan Operasie Shanela in Kempton Park deelgeneem.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n verdagte vas te trek wat met gesteelde elektrisiteitinfrastruktuur in sy besit betrap is.

Springs

  • Die tak het 20 sakke sement aan die Ekurhuleni-metro se paaie-afdeling geskenk om herstelwerk in Ermeloweg te doen.
  • Die tak het verf aan die Ekurhuleni-metro se paaie-afdeling geskenk vir die verf van verkeerstrepe in Ermeloweg nadat herstelwerk verrig is.

MPUMALANGA

Algemeen

  • Al AfriForum se Mpumalanga-takke het kommentaar ingedien teen die Bela-wetsontwerp tydens ’n openbaredeelnameproses in Volksrust.

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Taklede het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 asblikke in die dorp leeggemaak.
  • Die tak se gemeenskapstuinprojek het taklede in staat gestel om meer as 200 kg groente en vrugte aan tehuise in die omgewing te skenk.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het op verskeie ongelukstonele ondersteuning gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.
  • Die tak het meer as 350 sakke teer gebruik tydens ’n slaggatherstelprojek in Trichardt.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het verskeie suksesse behaal:
  • Twee inhegtenisnames is gemaak in ’n dwelmverwante saak. Daar is ook beslag gelê op R6 000 se heroïen en meer as R7 000 kontant.
  • Een inhegtenisname is gemaak in nóg ‘n dwelmverwante saak waartydens beslag gelê is op R11 000 se heroïen en meer as R1 000 kontant.
  • Twee inhegtenisnames is gemaak nadat diewe in die SAP13-kamp ingebreek en sowel gereedskap as vragmotoronderdele (waaronder ’n dryfas) gesteel het.
  • Ondersteuning is op verskeie ongelukstonele gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.

Piet Retief

  • Die buurtwag het ’n OPS-patrollie gehou. Hierdie OPS-patrollies vind een keer per maand plaas en is daarop gemik om sigbaarheid in die gemeenskap te verhoog.

Standerton

  • Taklede het ’n stormwaterdrein in Colignystraat herstel en skoongemaak.
  • Die tak het nóg twee substasies op die dorp beveilig deur dit met alarmstelsels toe te rus.
  • Buurtwaglede het gereeld patrollies tydens beurtkrag gery om te verhoed dat kriminele kabels steel en substasies teiken.

Ermelo

  • Die Ermelo- en Chrissiesmeer-buurtwag het gereeld patrollies tydens beurtkrag gery om te verhoed dat kriminele kabels steel en substasies teiken.

Middelburg

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die Care Village in samewerking met die Solid Ground Church voltooi.

Nelspruit

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het op verskeie ongelukstonele ondersteuning gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.
  • Die buurtwag se nuwe LPR-kamera het gehelp om diewe in Dr. Enos Mabuzarylaan vas te trek.
  • Buurtwaglede het gehelp om 12 bome wat tydens ’n hewige donderstorm in die dorp omgewaai het, op te saag en weg te ry.
  • Die buurtwag het ondersteuning aan die SAPD gebied om ’n gesteelde voertuig op te spoor.
  • Die buurtwag het ’n nuwe nagsig ontvang.
  • Die buurtwag het vier nuwe radio’s ontvang om hulle kommunikasienetwerk uit te brei.

Witrivier

  • Buurtwaglede het op verskeie ongelukstonele ondersteuning gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.
  • Die buurtwag het ’n nuwe nagsig ontvang.
  • Buurtwaglede het ’n makadamiadief in die Heidelvallei vasgetrek. 

Lydenburg

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Die tak het R3 200 aan die Lydenburg Sakekamer geskenk om aan te wend vir skoonmaakprojekte in die dorp. 
  • Taklede was betrokke by die Waterval Primêre Skool se knipmesbraai.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het suksesvol gefunksioneer tydens watertekorte in die dorp.
  • Die tak se asblikprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.

Machadodorp

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het 1,25 ton teer aangekoop om slaggate op te vul.

Dullstroom

  • Die tak het 1,25 ton teer aangekoop om slaggate op te vul.

LIMPOPO

Naboomspruit    

  • Taklede het nuwe stoptekens reg oor die dorp opgerig en padstrepe oorgeverf.
  • Buurtwaglede het vlugtig gereageer ná die diefstal van ’n watermeter.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas om watertoevoer na die dorp te herstel.

Marble Hall

  • Die tak het gehelp om die Geloftefeesterrein op te knap as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.

Warmbad

  • Taklede het ’n park in die dorp skoongemaak.

Nylstroom   

  • Die buurtwag het fluitjies aan die plaaslike informele nedersetting se buurtwaglede oorhandig.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied tydens ’n huisroof.

Phalaborwa

  • Die tak het gemeenskapslede ondersteun nadat ’n watertekort in die dorp ontstaan het.
  • Taklede het in samewerking met die gemeenskap ’n skoonmaakprojek in die dorp aangepak.

Potgietersrus  

  • Taklede het sop aan inwoners van die plaaslike ouetehuis uitgedeel.
  • Die buurtwag se spoedige optrede het gehelp om kabeldiewe vas te trek.
  • Buurtwaglede het gehelp met die soektog na ’n vermiste persoon.

Ellisras

  • Die Beska-plaaswag het ’n vuurvegter aangekoop.
  • Die tak het sowel sy jaarbeplanning as sy begroting vir 2024 gefinaliseer.
  • Die tak het ’n bate-oudit uitgevoer.
  • Die tak het sy registrasie as gemeenskapsorganisasie vir 2024 ingedien.

Pietersburg

  • Die tak het sowel sy jaarbeplanning as sy begroting vir 2024 gefinaliseer.
  • Die tak het ’n bate-oudit uitgevoer.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het sy registrasie as gemeenskapsorganisasie vir 2024 ingedien.

Tzaneen

  • Die tak het sy registrasie as gemeenskapsorganisasie vir 2024 ingedien.
  • Die tak het ’n bate-oudit uitgevoer.
  • Die tak het sowel sy jaarbeplanning as sy begroting vir 2024 gefinaliseer.
  • Die tak het beplanning vir ’n veiligheidsdag gedoen.

Messina

  • Die tak het sy registrasie as gemeenskapsorganisasie vir 2024 ingedien.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n bate-oudit uitgevoer.
  • Die tak het sowel sy jaarbeplanning as sy begroting vir 2024 gefinaliseer.

Thabazimbi

  • Die tak het sy registrasie as gemeenskapsorganisasie vir 2024 ingedien.
  • Die tak het ’n bate-oudit uitgevoer.
  • Die tak het sowel sy jaarbeplanning as sy begroting vir 2024 gefinaliseer.
  • Taklede het straatname oorgeverf as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.

SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Buurtwaglede het nagenoeg 30 patrollies deur die loop van die maand gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag kon danksy skenkings kameras in die dorp oprig om te help in die geveg teen misdaad.
  • Die tak het 24 ton teer gebruik om 180 slaggate in die hoofstraat op te vul.  

Heilbron

  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel wat die volgende take verrig het:
  • Verf die stopstreep by die vragmotorstilhouplek en maak skoon rondom dié gebied.
  • Maak die gholfbaan netjies ter voorbereiding vir ’n gholfdag.
  • Maak Langmarkstraat skoon vanaf die ingang tot by die hotel; die middelmannetjies is ook skoongemaak en onkruid met gif behandel.
  • Maak skoon rondom die Riemlandmuseum.
  • Die tak het ’n uiters geslaagde gholfdag gehou.

Parys

  • Die tak het weer eens druk op die munisipaliteit geplaas oor die voortslepende water- en kragkrisis in die dorp.
  • Taklede het 150 sakke teer gebruik om slaggate voor ’n kleuterskool op te vul.
  • Die tak het ’n petisie van stapel gestuur waarin daarop aangedring word dat die munisipaliteit se tegniese direkteur bedank.

Sasolburg

  • Taklede het 27 ha gras gesny.
  • Die tak het op 25 November ’n Kersmark by die Hoëveldse Tuine in die dorp gehou. Die tak hou op die laaste Saterdag van elke maand ’n mark by die tuine.
  • Die buurtwag het elke Sondag vir twee ure lank patrollies by die plaaslike begraafplaas gehou sodat inwoners die grafte van hul afgestorwe geliefdes kon besoek.
  • Buurtwaglede het oor naweke deurnagpatrollies gehou as ’n teenvoeter vir die toename in misdaad. Dit het reeds ’n positiewe invloed op die bekamping van misdaad gehad.

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
  • Nelson Mandelaweg
  • Curielaan
  • Du Plessisstraat (asook die park)
  • Gardeniapark (park)
  • Rayton-Heuwelsig (parke)
  • Hillsboro (park)
  • Brits-monument
  • Ou Presidensie se tuin
  • Pres. Brand-begraafplaas
  • AfriForum se Bloemfontein-takke het gesamentlik ’n veldtog van stapel gestuur wat behels dat AfriForum-lede ’n aansoek aan die Mangaung-metro kan rig om te kwalifiseer vir korting op munisipale vullisverwyderingsdienste.
  • AfriForum se Bloemfontein-takke het ’n memorandum aan die munisipaliteit oorhandig as deel van dié takke se aktivistiese aksie om inwoners se aansoeke vir die kwytskelding van munisipale vullisverwyderingsdienste te oorweeg.
  • AfriForum Jeug was deel van die stad se jaarlikse Kerskousprojek waartydens geskenke en verversings aan kinderhuise oorhandig is.
  • AfriForum-patrolleerders het in samewerking met die Fichardtpark-buurtwag, Transnet se veiligheidseenheid, VR Sekuriteit en die SAPD gehelp om ses verdagtes wat vir kabeldiefstal in Kimberley gesoek is, vas te trek.

Pellissier

  • Die buurtwag het in samewerking met ITR Sekuriteit drie verdagtes aangekeer nadat hulle vreemd opgetree het. Verskeie dwelms en naalde is in hulle besit gevind, terwyl daar ook beslag gelê is op ’n replikavuurwapen wat moontlik tydens rooftogte gebruik is. Hulle is gevolglik aan die SAPD oorhandig vir nadere ondersoek.

Wilgehof

  • Die buurtwag het in samewerking met verskeie rolspelers – waaronder die Parkweg-SAPD, ander AfriForum-buurtwagte, ITR Sekuriteit, Bloemsec Sekuriteit, Fidelity ADT, FWA en NCA – ’n verdagte wat by ’n huis in Universitas Rif wou inbreek, vasgetrek. Die verskillende beheerkamers het ook goed saamgewerk om die hele proses te koördineer.
  • Buurtwaglede het ’n persoon opgemerk wie se optrede verdag voorgekom het. Reaksiespanne, waaronder VR Sekuriteit en die SAPD se blitspatrollie, is geaktiveer en met nadere ondersoek is gevind dat die verdagte in besit van vermoedelik gesteelde Centlec-kabels en -infrastruktuur is. Die verdagte is gevolglik in hegtenis geneem.
  • Die buurtwag het ’n verdagte in Parkwes opgemerk en met nadere ondersoek vasgestel dat die persoon besig was om Telkom-infrastruktuur te steel. Buurtwaglede het saam met ITR Sekuriteit gewerk om die verdagte aan te keer, waarna hy aan die Parkweg-SAPD oorhandig is.

Uitsig

  • Die buurtwag se protospan het in samewerking met ITR Sekuriteit en VR Sekuriteit twee verdagtes agternagesit wat by ’n meenthuiskompleks probeer inbreek het. Een verdagte het ongelukkig daarin geslaag om te vlug, terwyl die ander verdagte vasgetrek en aan die Parkweg-SAPD oorhandig is vir nadere ondersoek.
  • Buurtwaglede en ITR Sekuriteit het ’n verdagte persoon agtervolg en gevind dat hy  verskeie messe, breekyster en ’n graaf op ’n spesifieke plek versteek het. Die SAPD is gekontak om nadere ondersoek in te stel.

Hospitaalpark

  • Taklede het die kruising van Fleming- en Rontgenstraat in Hospitaalpark oorgeverf.

Bloemfontein-Noord

  • Die buurtwag het in samewerking met Bloemsec Rapid Response en die SAPD drie fietse ter waarde van R50 000 wat uit ’n erf in Bayswater gesteel is, help opspoor en die verdagtes aangekeer.
  • Buurtwaglede en Pro-Force Sekuriteit het saamgespan om ’n verdagte vas te trek wat met ’n 2 000 W-sonkragomskakelaar en ’n groot mes in sy besit gevind is. Die verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van ’n gevaarlike wapen en gesteelde goedere.
  • Buurtwagpatrolleerders het ’n verdagte betrap terwyl hy in Hilton ’n motorvoertuig se battery gesteel het. Pro-Force Sekuriteit en Bloemsec Rapid Response het ondersteuning aan die buurtwag gebied. Met die SAPD se aankoms op die toneel is ’n Mandrax-pypie en Mandrax ook aan die verdagte gevind. Die man is uiteindelik in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van dwelms, asook diefstal.

Langenhovenpark

  • Die buurtwag het blitsig gereageer om ondersteuning te bied nadat ’n vrou se handsak by ’n winkelsentrum in Langenhovenpark deur grypdiewe gesteel is. Danksy goeie samewerking met die SAPD is die verdagtes aangekeer en in hegtenis geneem.  

Fichardtpark

  • Die buurtwag se patrolliespan het in samewerking met talle rolspelers, waaronder FWA, VR Sekuriteit, Senforce Sekuriteit, VR Sekuriteit en Fidelity ADT, ’n motorbestuurder agternagesit nadat hy deur ’n muur gejaag het.

Zastron

  • Die tak het in samewerking met die Groen Skerpioene twee strafregtelike klagtes by die Zastron-polisiestasie teen die munisipale bestuurder van die Mohokare Plaaslike Munisipaliteit aanhangig gemaak weens vullis- en rioolbesoedeling wat sowel ’n omgewings- as gesondheidsrisiko vir inwoners inhou. Die Groen Skerpioene het daarna ook ’n afdwingingskennisgewing aan die munisipaliteit gestuur omdat die munisipaliteit nie enige aksie geneem het om oplossings vir bogenoemde probleme te vind nie.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Songloed-buurtwaglede het self reëlings getref om vullis te verwyder nadat die munisipaliteit in gebreke gebly het om dit te doen.
  • Die tak het ’n petisie van stapel gestuur teen die beoogde ontwikkeling by Palmietfontein.

Potchefstroom

  • 197 buurtwaglede het 115 patrollies deur die loop van die maand gery om hul gemeenskap te beveilig; 3 570 km is in 355 manure afgelê.
  • Taklede het 248 sakke teer gebruik om 62 m² se slaggate in verskeie strate op te vul.
  • Die tak het talle bome in Alexanderpark gesnoei om sluipslapers te verhoed om daar weg te kruip. Sodoende is die omgewing ook beveilig.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies by die munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

MARICO

  • Die tak se regspan het onlangs hofstukke op die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) beteken om die voortslepende kwessies rakende elektrisiteitsvoorsiening waaronder inwoners van die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit gebuk gaan, op te los.

Rustenburg

  • Die tak se regspan het onlangs hofstukke op die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) beteken om die voortslepende kwessies rakende elektrisiteitsvoorsiening waaronder inwoners van die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit gebuk gaan, op te los.

Lichtenburg

  • Die tak het ’n buurtwagstigtingsvergadering/buurtwaginligtingsvergadering gehou wat deur 52 mense bygewoon is. Die buurtwag is ook op hierdie dag gestig.

KWAZULU-NATAL

Algemeen

  • AfriForum-bestuurslede is genooi om as sprekers op te tree tydens die SAPD se provinsiale landelike veiligheidsberaad. Verskeie insette is gegee rakende voedselsekerheid en plaasveiligheid. AfriForum het hom daartoe verbind om veiligheidstrukture in die provinsie verder uit te brei ten einde misdaad saam met die SAPD te beveg.

Vryheid

  • Die tak het ’n tweede opvolgvergadering met die AbaQulusi Plaaslike Munisipaliteit en gemeenskapslede vir Januarie 2024 geskeduleer om die voortslepende kragprobleem in die dorp aan te pak. Onderhoudbeplanning is gedoen en onderhoud aan sekere kraglyne het reeds begin.
  • Die tak het intermediêre vuurwapenopleiding aan lede van die publiek gebied en beplan ook om verdere opleiding in die komende jaar aan te bied.

Newcastle

  • Die tak het ’n opvolgvergadering met die Newcastle Plaaslike Munisipaliteit gehad om verskeie probleme in die dorp te bespreek en aksieplanne te vind om dienste te verbeter. Addisionele opvolgvergaderings sal in 2024 volg om hierdie probleme verder te bespreek.

Pongola

  • Taklede het ’n skoonmaakprojek al langs die N2-snelweg gehou. Dit vorm deel van die tak se volhoubare skoonmaakprojek wat ten doel het om die dorp netjieser te maak.

Soortgelyke plasings