AfriForum Teater vier Taaldag met eie WAT-woord

AfriForum Teater het ter viering van Taaldag die woord “tuiskomplek” gekoop deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

“Tuiskomplek” is gepas aangesien AfriForum Teater hulself beskou as dié tuiskomplek vir die Afrikaanse kunste. Dit is hulle begeerte om ’n tuiste vir die gemeenskap te skep waar Afrikaans as taal in die kunste ontwikkel en bevorder kan word deur professionele en opkomende kunstenaars.

AfriForum Teater het ’n sterk gemeenskapsfokus en is daarom ook ’n tuiskomplek vir skoolgemeenskappe, aftreegemeenskappe, geloofsgemeenskappe en sakegemeenskappe.

“AfriForum Teater is ’n unieke teater waar die uitleg só aangepas kan word om aan jou behoeftes vir ’n konsert, vertoning of sakegeleentheid te voldoen. Wat geleenthede by AfriForum Teater nog meer besonders maak is dat jy dit in Afrikaans kan doen en ervaar,” sê Carien Bloem, bestuurder by AfriForum Teater.

Besoek gerus AfriForum Teater se webblad vir die teater se volledige program: www.afriforumteater.co.za.   

Soortgelyke plasings