|

Nuwe AfriForum-buurtwag in Colchester gestig

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 18 April ’n nuwe buurtwag in Colchester gestig.

Die bestuur van hierdie nuwe buurtwag bestaan uit Tom Hugo (leier), Timothy Eachus (operasionele spanleier), Zelda Hugo (steunspanleier) en Suzette Eachus (inligtingspanleier). Ander AfriForum-veiligheidstrukture in die nabye omgewing sluit die Walker Drive-buurtwag en die Winterberg-plaaswag, wat al verskeie suksesse behaal het, in.

“Dié buurtwag vorm deel van ons Port Elizabeth-takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies in tye van nood te help,” sê Wikus van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

“Ek is baie opgewonde oor die stigting van ons buurtwag en nooi die gemeenskap uit om by ons in te skakel. Ons kan nie langer die geveg teen misdaad op die skouers van die polisie alleen laat rus nie; ons moet self betrokke raak,” sê Hugo, die nuutverkose leier van AfriForum se Colchester-buurtwag.

Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: Besoek https://afriforum.co.za/wat-doen-ons-2/buurtwagte/.

Soortgelyke plasings