|

AfriForum vergader met munisipaliteit oor toestand van begraafplaas

AfriForum het op 2 Maart 2020 vergader met Portia Tshabalala, waarnemende munisipale bestuurder van die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit, oor die riool en ander afvalwater wat by die konsentrasiekampbegraafplaas in Kroonstad vloei.

Die munisipaliteit het skriftelik onderneem om die fout te herstel en die terrein teen 6 Maart 2020 skoon te hê, waarna verder rehabilitasiewerk aan die terrein gedoen sal word. Die munisipaliteit het ook verskoning gemaak vir die negatiewe invloed wat dié storting op die omgewing het.

AfriForum het die begraafplaas weer op 2 Maart besoek en opgemerk dat daar nog baie werk is wat gedoen moet word.

“AfriForum sal aanhou om druk op die munisipaliteit te plaas om dié krisis op te los. Indien die munisipaliteit versuim om by die ooreengekome datums te bly, sal AfriForum strafregtelike klagtes teen die munisipaliteit indien,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

AfriForum se Kroonstad-tak nooi die gemeenskap uit om by die organisasie se toekomstige projekte en aksies betrokke te raak. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Kroonstad” na 31481 (R1).

Klik hier en teken AfriForum se petisie

Soortgelyke plasings