|

AfriForum verwelkom aankondiging dat onderwysdepartement nié aansoek oor publikasie van matriekuitslae gaan teenstaan nie

Die burgerregteorganisasie AfriForum verwelkom die Departement van Basiese Onderwys se aankondiging dat hulle nié die dringende aansoek gaan teenstaan rakende dié Departement se besluit om nie die 2021-matriekuitslae in die media te publiseer nie.

“Ons hoop dat ons Dinsdag in die hof kan verseker dat vanjaar se matrieks ook hul uitslae op mediaplatforms sal kan bekom soos wat in die verlede die gebruik was,” sê Natasha Venter, bestuurder vir onderwysregte by AfriForum.

Die Departement se aankondiging volg nadat AfriForum, Maroela Media en Anlé Spies (’n 2021-matrikulant) op Vrydag 14 Januarie hofstukke beteken het op onder andere Angie Motshekga, die Minister van Basiese Onderwys, ten einde die Departement van Onderwys se skielike besluit om nié die 2021-matriekuitslae in die media te publiseer nie, op ’n dringende basis in die hof teen te staan.

Die dringende aansoek sal op 18 Januarie in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria aangehoor word voordat die matriekuitslae op 20 Januarie 2022 bekendgemaak word.

Soortgelyke plasings