|

AfriForumTV verskaf jongspan met kykgenot

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Kaapse kantoor het op 25 Januarie AfriForumTV by Solidariteit Helpende Hand se Ons Plek in die Strand geïnstalleer.

AfriForumTV is gratis aanlyn asook op ’n toep beskikbaar wat enige persoon kan aflaai. Die inhoud bestaan onder meer uit ’n program oor jag saam met Adam Tas en ’n gas, dokumentêre films, aktuele kwessie en Christelike jeugprogramme.

Ons Plek Strand bied ’n veilige hawe vir minderbevoorregte kinders van die Strand-omgewing waar hulle ook daagliks kos en onderrighulp ontvang.

“By AfriForum is dit vir ons belangrik dat gemeenskapsinstellings wat reeds goeie werk doen verder ondersteun en uitgebrei word. AfriForum en Ons Plek Strand stap al reeds jare lank ’n pad saam en dit was ’n voorreg om vir die meer as 100 kinders Afrikaanse Christelike vermaak, deur middel van AfriForumTV, te kan voorsien.” sê Bernard Pieters, AfriForum Wes-Kaap.

AfriForum het ’n MiBox-afstandbeheer gekoop om die nasorgsentrum se bestaande TV in ’n slim-TV om te skakel. Op die manier kan enige persoon ook AfriForumTV gratis by die huis geniet.

Ons moedig ook enige persoon aan om Ons Plek Strand te ondersteun, besoek hul gerus by Ons Plek Helpende Hand Strand op sosiale media.

Kry vandag nog jou gratis AfriForumTV by https://afriforumtv.co.za/ vir onbeperkte kwaliteit Afrikaanse inhoud.

Soortgelyke plasings