|

Bloemfontein-takke versterk radionetwerk met provinsiale mediese nooddienste

Die AfriForum-takke in Bloemfontein het op 22 April ’n tweerigtingradiostelsel aan die provinsiale mediese nooddienste in die Vrystaat oorhandig. Dit sal help met goeie kommunikasie tussen verskeie nooddieste tydens ongelukke of ernstige voorvalle.

AfriForum se beheerkamer in Bloemfontein lewer ’n diens aan die gemeenskap in samewerking met VR Security, AfriForum 911 se mediese-reaksievoertuig en die VR Med-ambulansdiens. Verskeie nooddienste, buurtwagte en sekuriteitsdienste behartig ook die kommunikasie om inligting rakende ernstige voorvalle aan alle rolspelers oor te dra.

“Goeie kommunikasie is van kardinale belang en die radionetwerk stel ons in staat om die nodige bronne na spesifieke voorvalle te ontbied. Dit sal ook help dat ons met verskeie nooddienste op hierdie platform kan kommunikeer sodat inligting oor voorvalle nie gedupliseer word of te veel bronne onnodig na een toneel toe haas nie. Dit is vir ons ’n groot voorreg om die provinsiale mediese nooddienste aanboord te hê,” sê Christo Groenewald, distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

SMS “AfriForum” na 45344 (R1) om by AfriForum se Bloemfontein-takke aan te sluit en saam hoop te skep.

Soortgelyke plasings