|

Standerton-tak maak Voetsporemonument netjies

AfriForum se Standerton-tak het op 14 Februarie ingespring en die Voetsporemonument buite Standerton skoongemaak.

Hierdie monument wat ter nagedagtenis aan Daniël Poklenberg Erasmus opgerig is, wat op 25 Januarie 1884 deur weerlig doodgeslaan is, word alreeds vanaf 2016 deur die tak onderhou en netjies gemaak. Die gras rondom die monument is gesny en onkruid sowel as vullis is verwyder.

Verdere opknappingswerk word in die toekoms beplan soos om die voetpad weer met gruis uit te lê om toegang na die monument te vergemaklik.

“Hierdie monument is enig in sy soort en die Standerton-tak is dankbaar dat ons die monument vir ons nageslagte kan bewaar,” sê Leon Enslin, voorsitter van die Standerton-tak.

Vir meer inligting oor die monument klik hier.

Sluit vandag by AfriForum se Standerton-tak aan: SMS “Standerton” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings