|

AfriForum se Noord van die berg-tak lê 760 km af in Oktober om gebied skoon te maak

Die tuinspan van AfriForum se Noord van die berg-tak in Pretoria het in Oktober heelwat vermag om hul area te verbeter en in stand te hou.

Hierdie tuinspan het verskeie volhoubare skoonmaakprojekte in Delia-, André- en op die hoek van Azalea- en Bokmakieriestraat, asook by die Pretoria-Noord-stadsaal en die Heldeakker-begraafplaas. Verder maak die tak ook die volgende parke skoon: Monumentpoort, Wolmer, Suur Klapper, Hasie, Tsessebe, Dolfyn, Hippo en die park in Bokserstraat.

Hulle het 2 383 swartsakke vol vullis opgetel, 67 vragte rommel weggery en ongeveer 12 ha gras gesny. 30 slaggate is herstel en die tak het ook gehelp om slaggate in Doornpoort te herstel. 760 km is afgelê om hierdie volhoubare en ander skoonmaakprojekte te voltooi.

“AfriForum sal aanhou om skoon te maak en om volhoubare projekte aan te pak om ’n daadwerklike verskil te maak. Die harde werk van dié tuinspan stuur ’n duidelike boodskap dat hulle nie gaan wag vir die Metro nie, maar eerder self gaan werk om verval te stuit,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Noord van die berg-tak betrokke, besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings