|

AfriForum se Marble Hall-tak bemagtig jeug

AfriForum se Marble Hall-tak het op 8 Februarie ’n leierskapontwikkelingskursus by Laerskool Marble Hall aan die gr. 7-leerders aangebied.

In dié kursus is konflikhantering; ken jou waarde, ken jou kringe; kommunikasievaardighede, en liggaamstaal bespreek. Die tema “Elkeen is ’n leier”, leierskapseienskappe en verskillende leierskapstyle is ook behandel. Tydens hierdie program het die leerders aan spanbou-aktiwiteite deelgeneem en meer oor leierskapvaardighede geleer.

Daar is 64 leerders tydens hierdie kursus bemagtig met vaardighede vir hierdie jaar.

“Dit is belangrik om van ’n jong ouderdom af jou waarde te verstaan, daarom het ons die inisiatief geneem om hierdie kursus aan te bied. Ons fokus daarop om jong leiers met die nodige vaardighede te bemagtig om hulle taak makliker te maak,” sê Magdel Jansen van Vuuren, distrikskoördineerder vir Limpopo.

Raak vandag nog by AfriForum se Marble Hall-tak betrokke: SMS “jou naam” na 45340 (R1) en maak op dié manier ’n positiewe verskil.

Soortgelyke plasings