|

Bethal-tak se noodwaterpunt kom tot gemeenskap se redding

Die AfriForum-tak in Bethal se noodwaterpunt staan gemeenskap sedert 12 April by tydens waternood.

Rand Water het na bewering probleme by ’n pompstasie ondervind en kon nie water aan die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit voorsien nie. Rand Water het intussen die water weer aangeskakel, maar teen 14 April was inwoners se krane nog leeg.

Hierdie projek, wat tydens die Kerstyd in 2018 begin is nadat dele van Bethal weke sonder water was, het weereens gehelp om die nood aan huishoudings te verlig toe krane droog gelaat is. Die projek is geloods in samewerking met Afgri Bethal se Handelstak en Eco Tanks, wat die noodwaterpunt geborg. Die noodwaterpunt is op AC Vorentoe Kerk se perseel geleë.

Hierdie noodwaterpunt het die vermoë om 25 000 liter water aan die gemeenskap te voorsien. ’n Tweede noodwaterpunt sal ook binnekort open.

“Ons is dankbaar dat ons op hierdie manier weereens die gemeenskap van Bethal kan help en ons bedank ook die boere wat die water kostevry aan ons verskaf,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Sluit vandag nog aan by AfriForum se Bethal-tak: SMS “Bethal” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings