|

AfriForum se Witbank-tak help Huis Betsie Louw

Die AfriForum-tak in Witbank het op 13 April nog ’n projek by Huis Betsie Louw voltooi.

Huis Betsie Louw se kombuis het ’n nuwe baadjie aangetrek, nadat die tak gedurende die projek nuwe teels in die kombuis laat lê het. Dit is ook nie die eerste keer dat ’n projek by Huis Betsie Louw geloods is nie en die tak het voorheen ook gehelp om van die kamers oor te doen.

“Hierdie is ’n projek wat ons geïdentifiseer het om terug te gee aan die gemeenskap en hulp te verleen aan ’n organisasie wat groot werk in die dorp verrig,” sê Alf Friess, voorsitter van AfriForum se Witbank-tak.

Sluit vandag nog aan by AfriForum se Witbank-tak: SMS “Witbank” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings