Bethlehem-gemeenskap leer selfverdedigingstegnieke aan


AfriForum se Bethlehem-tak het op 14 Junie 2017 selfverdedigingsklasse vir nagenoeg 60 gemeenskapslede in dié dorp aangebied.

“Alle Suid-Afrikaners moet oor die vermoë beskik om hulself te verdedig. ’n Mens kan op enige oomblik in ’n gevaarlike situasie beland en daarom is dit vir AfriForum belangrik dat mense dié vaardigheid aanleer,” sê Hillel Coetzer, woordvoerder vir AfriForum.

Volgens Isoldé Laesecke, voorsitter van AfriForum se Bethlehem-tak, beplan die burgerregte-organisasie om soortgelyke opleiding in samewerking met verskeie rolspelers aan te bied.

“Selfverdedigingsklasse vorm deel van die opleiding wat AfriForum se buurtwaglede aan die gemeenskap beskikbaar stel met die doel om inwoners te bemagtig om hulself beter in tye van nood te beskerm,” sê Laesecke.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Bethlehem” na 31481 om dié aksie te ondersteun. Elke SMS kos R1.

Soortgelyke plasings