BLF nie voorbereid vir hofsaak oor haatspraak nie

AfriForum se haatspraaksaak teen Black First Land First (BLF) en Andile Mngxitama is vandag tot 18 en 20 September 2019 uitgestel. Dít volg nadat die BLF en Mngxitama vir uitstel gevra het sodat hul regspan vir die saak kan voorberei.

Mngxitama sou tot en met gister sy eie en die BLF se regsverteenwoordiging behartig het, maar het vanoggend met regsverteenwoordiging by die hof opgedaag, wat beweer het dat hulle nie genoeg tyd gehad het om vir die saak voor te berei nie. ’n Tegniese punt oor mediadekking is ook tydens die hofsaak geopper.

Soortgelyke plasings