|

Bloem toe en terug: Dít is hoeveel kilometers buurtspan aflê om Pretoria-Noord te laat blink

Vandat AfriForum se Noord van die Berg-buurtspan getrou dele van Pretoria-Noord in stand hou, is geen afstand te ver om te verseker dat die strate, parke en selfs begraafplase blink nie. Februarie was ook geen uitsondering nie, aangesien dié buurtspan nagenoeg 920 km gery het om te verseker dat Pretoria-Noord skoon en netjies bly.

Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord-streek, sê die span het verlede maand Pretoria-Noord platgery om rommel op te tel, gras te sny en strate skoon te vee.

Die span het verlede maand 15 hektaar gras gesny en 1 421 vullissakke met tuinvullis en rommel gevul. Dit het daartoe gelei dat die span 49 vragte vullis moes wegry. Die span het boonop ook agt kilometer se paaie skoongevee.

Van die gebiede wat verlede maand aandag geniet het, is die Heldeakker-begraafplaas, die Pretoria-Noord-stadsaal en Suur Klapper-park.

“AfriForum sal voortgaan om gemeenskappe te ondersteun en projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil in die gebied maak,” sê Steinberg.

Raak vandag nog by AfriForum se Noord van die berg-tak betrokke. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings