|

Boksburg-strate nou skoner danksy AfriForum-tak

AfriForum se Boksburg-tak het ’n suksesvolle skoonmaakaksie gehou in Ravenswoodlaan en Tiendestraat. Tydens hierdie aksie is 70 sakke vullis weggery. Hierdie was die eerste fase van die tak se vier-fase-plan om Boksburg netjies en skoon te hou.

Volgens Jurie Ferreira, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand, was hierdie area veral ’n doring in die vlees van die gemeenskap weens die vullis wat daar opgehoop het. “Hierdie aksie was slegs ’n sukses omdat ons as ’n gemeenskap saamgewerk. Dit gaan nie net daaroor om die area skoon te maak nie, maar om gemeenskapsbetrokkenheid te versterk.”

“AfriForum sal voortgaan om sulke inisiatiewe te ondersteun en aan te moedig om ons gemeenskappe netjies te hou,” sluit Ferreira af.

AfriForum Boksburg-tak doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak by dié tak en hul projekte by www.wordlid.co.za

Soortgelyke plasings