|

Brandbestryders behoorlik bedank vir hul toewyding aan Kathu en omliggende dorpe

Om die gemeenskap se waardering vir die Kathu-brandweer te wys, het hierdie dorp se AfriForum-tak dadelik hand bygesit toe dit onlangs aan die lig gekom het dat die brandweer se televisie onklaar geraak het. Die Kathu-tak het nog dieselfde week ’n nuwe 40 duim-televisie aan die brandweer geskenk.

“Met die lang ure en onbaatsugtige werk wat die plaaslike brandweer vir die gemeenskap van die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit doen, wou die Kathu-tak sy waardering deur hierdie skenking wys. Die televisie bied ’n klein bietjie genot vir die mans en vroue wat soms nagte deur werk om verwoestende brande onder beheer te bring,” sê Johan Snyman, voorsitter van AfriForum se Kathu-tak.

Die Kathu-brandweer waak oor die Kuruman-gebied tot so ver as Olifantshoek en blus nie net brande hiér nie, maar staan die gemeenskap ook by met noodlottige voertuigongelukke. Dié area strek vir so ver as 150 km.

Die televisie is reeds by die Kathu-brandweerstasie geïnstalleer en word daar deur die brandbestryders gebruik.

Raak vandag nog by AfriForum se Kathu-tak betrokke om dié gemeenskap verder te verbeter en te bou. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings