Dawie Roodt spreek Mosselbaai-gemeenskap toe


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Mosselbaai-tak het op 5 Maart ’n praatjie deur Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Groep, aangebied. Nagenoeg 220 gemeenskapslede het dit bygewoon.

“Roodt se praatjie het hoofsaaklik op vanjaar se staats- en begrotingsrede gefokus, die vooruitsigte van die Suid-Afrikaanse ekonomie in oënskou geneem en ’n paar geleenthede vir belastingbetalers uitgewys,” sê Louis Cook, voorsitter van AfriForum se Mosselbaai-tak.

Soortgelyke plasings