Departement maak paaie reg na volgehoue druk

 

Paaie in Vaalharts is deur die departement van paaie en vervoer opgeknap ná die plaaslike AfriForum-tak vroeër vanjaar ’n petisie aan die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit oorhandig het. Met dié petisie het die tak geëis dat padinfrastruktuur opgeknap en herstel moet word.
Die tak sowel as die munisipaliteit het in samewerking druk op die departement geplaas om gehoor aan dié eise te gee.
Volgens Theo Joubert, takvoorsitter, sal die kontrakteurs tot 18 Maart 2018 met herstelwerk besig wees.
Van die paaie wat herstel sal word sluit die N16, die Springboknekpad, die Pampierstadpad, en die Maggogong-teerpaaie in.
AfriForum hoop om in die toekoms meer met die munisipaliteit saam te werk om ’n verskil in die gemeenskap te bewerkstellig.

Soortgelyke plasings