|

DIE AFRIFORUM-BUURTWAG IN HARTBEESFONTEIN STUUR LID VIR HOMMELTUIGOPLEIDING

Die AfriForum-buurtwag in Hartbeesfontein het die week van 9–13 November vir Richard Cronje, ’n buurtwaglid van Hartbeesfontein, vir opleiding as hommeltuigvlieënier in Orania gestuur.

Die kursus word deur AfriForum Veiligheid aangebied met André Coetzee as instrukteur. Die buurtwag is baie trots op Cronje wat die kursus met 94% geslaag het.

Volgens Cronje was die aanbieding van die kursus van ’n hoë standaard en hy voel ook toegerus om ’n hommeltuig na behore te kan hanteer.

“Ek het groot waardering vir lede van die gemeenskap wat bereid is om hulle werk vir ’n week te los om hierdie opleiding te ontvang. Die AfriForum-buurtwag in Hartbeesfontein kan misdaad nou nog beter beveg siende dat hulle nog ’n hommeltuigvlieënier het,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Om deel te word van hierdie buurtwag, SMS “Hartbeesfontein” na 45351.

Soortgelyke plasings