|

Die laaste uitgawe van Forum Tydskrif vir 2022 is nou beskikbaar!

Die jaar is so te sê verby en te oordeel aan mense se gesprekke en houdings is dit nou tyd vir ’n blaaskans. Dit was in vele opsigte ’n moeilike jaar vir baie van AfriForum se lede en die land in geheel.

Beurtkrag het die krag uit mense sowel as die ekonomie getap. Maar ondanks al die probleme en uitdagings, het mense gewys dat hulle hul nie daardeur sal laat verlam nie. Oral in dorpe en in stedelike gebiede het AfriForum-lede en -vrywilligers ingespring en, waar hulle kon, ’n verskil gemaak om hul onmiddellike omstandighede te verbeter. Dit bly steeds ’n enorme uitdaging om al die slaggate te herstel, maar projekte om dorpe skoner en veiliger te maak, het baie vrugte afgewerp.

In hierdie uitgawe van Forum word veral gefokus op hoe ons mense vir die toekoms bly bou. Die beginsel en benadering van federalisme, veral gemeenskapsfederalisme, is duidelik besig om oral pos te vat en in 2023 sal AfriForum en die Solidariteit Beweging in alle erns groter uitvoering hieraan gegee. Forum het ook gaan kyk hoe gemeenskapsfederalisme in Orania in praktyk lyk en watter waardevolle lesse daar te leer is. Ons wys ook hoe Maroela Media se nuwe kantore by die Voortrekkermonument lyk en fokus ook op wat jy alles deesdae op AfriForumTV kan sien. Meer lig word ook gewerp op AfriForum se talle suksesvolle aksies en veldtogte die afgelope maande en hoe brûe met ander tradisionele gemeenskappe gebou is.

Om Forum te lees, besoek www.forumtydskrif.co.za.

Soortgelyke plasings