|

Drie van Tshwane-metro afgedank weens omkopery

AfriForum se privaatvervolgingseenheid is in noue samewerking met die Tshwane Metropolisie om korrupte beamptes aanspreeklik te hou en hulle uit hul poste te verwyder. Drie metropolisiebeamptes is onlangs afgedank en word ook tans verhoor op aanklagtes van korrupsie en uitbuiting. Die privaatvervolgingseenheid tree ingevolge ’n waaksaamheidsopdrag op namens Grandi Theunissen, Tshwane-burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, en Uvaldi Theologo, die klaer in die saak. Theunissen is ook ’n getuie in die saak.

Emmanuel Thovhakale, Michael Soomo en Lerato Molope – almal nou gewese metropolisiebeamptes – het op 23 April in die Pretoria-streekshof verskyn op klagtes van korrupsie en uitbuiting.

Volgens Theunissen is dit die eerste keer sedert 2018 wat metropolisiebeamptes op uitbuiting-verwante klagtes afgedank is. “Dit is so belangrik om seker te maak dat mense aanspreeklik gehou word veral as hulle die inwoners van die stad terroriseer. Hulle sal ook gederegistreer word as verkeersbeamptes. Hulle sal nie elders soortgelyke werk kan kry nie. Intussen is ons ook besig met ’n strafregtelike saak teen hulle,” sê hy.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sê dat dit belangrik is om politieke wil in polisiëringafdelings te hê ten einde korrupsie die hoof te bied. “Ons het ’n klaer wat gesê het genoeg is genoeg en dan het ons ook die politieke ondersteuning van mnr. Theunissen wat ook gesê het genoeg is genoeg. Dit gaan ook verder, intussen het ons ’n goeie verhouding gebou met die nuwe hoof van die Tshwane Metropolisie, Yolanda Faro. Sy is ook uitgesproke oor haar pogings om te verseker dat ons hierdie stad kan verlos van boelies in uniforms. Ons is ook toegewy om te verseker dat sy hierin slaag sodat hierdie stad weer veilig kan wees vir mense om te ry, hierdie lafaards fokus op sagte teikens soos vroue,” sê Nel.

Daar word beweer dat Theologo op 10 Julie 2022 deur die drie beskuldigdes afgetrek is terwyl sy in Solomon Mahlangu-rylaan gery het. Sy beweer dat die beamptes haar daarvan beskuldig het dat sy haar voertuig sonder ’n amptelik gestempelde permit bestuur het en het R3 000 kontant geëis om te verhoed dat haar motor geskut word. Theologo het geïntimideer gevoel en beweer dat die beamptes haar na ’n OTM gevolg het, maar sy kon nie die kontant onttrek nie. Sy beweer die beskuldigde het haar huis toe gevolg en beweer dat sy buite haar huis ’n selfoonnommer gekry het waarheen sy R3 000 met behulp van ’n eWallet-fasiliteit moes oorplaas

Terwyl die beamptes langs die pad met Theologo besig was het Theunissen, wat toevallig verby gery het, stilgehou om te verneem of alles in orde is. Hy het homself as die burgemeesterskomiteelid van gemeenskapsveiligheid voorgestel – op hierdie stadium het die beamptes na bewering nog nie omkoopgeld van Theologo geëis nie. Die beamptes het Theunissen verseker dat hulle hul pligte uitvoer soos dit van hulle verwag word. Theologo het Theunissen ná hierdie insident gekontak om hom te vertel wat gebeur het ná hy weg is.

Theunissen het haar aangemoedig om ’n saak teen dié drie beamptes te open en haar verder daarmee ondersteun. Community Safety MMC voorgestel. Aangesien dit plaasgevind het voordat die beamptes glo vir die omkoopgeld gevra het, is Theunissen verseker dat die metropolisiebeamptes hul pligte uitvoer soos verwag is. Dit was ná hierdie voorval dat Theologo die MMC gekontak het om hom in te lig oor wat gebeur het. Theunissen het Theologo toe aangemoedig en ondersteun toe sy ‘n strafsaak teen die drie geopen het.

Die saak is uitgestel tot 10 Julie 2024.

Soortgelyke plasings