|

Flink optrede in Witrivier lei tot opspoor van gesteelde voertuig  

’n Lid van AfriForum-buurtwag in Witrivier se vinnige optrede en paraatheid het daartoe gelei dat ’n gesteelde voertuig binne minute na dit gesteel is, teruggevind is.

Die voertuig is in Witrivier opgemerk deur die buurtwaglid wat die eienaar van die voertuig ken en in kennis gestel het dat die voertuig deur die dorp beweeg. Die voertuig is buite ’n salon gesteel en die eienaar was nog nie bewus van die diefstal nie.

Daar is oombliklik met Hi-Tech Sekuriteit in Witrivier geskakel en ’n soektog is van stapel gestuur. Die voertuig se opsporingstelsel het gewys dat die voertuig in Kabokweni is. Die voertuig is binne ’n motorhuis in dié omgewing gevind.

“Ons is dankbaar dat ons die voertuig so vinnig kon opspoor en glo dat hierdie vinnige optrede sal lei tot verdere suksesse in die stryd teen misdaad in Witrivier,” sê Johan Pelser, voorsitter van AfriForum-buurtwag in Witrivier.

Sluit aan by jou naaste AfriForum-buurtwag, SMS jou naam na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings