|

Vanderbijlpark-tak vul slaggate op in Lion Cachetstraat

AfriForum se Vanderbijlpark-tak het op 20 Mei slaggate in Lion Cachetstraat begin opvul in samewerking met die NG gemeente Vanderbijlpark-Sentraal. Hierdie straat is die hoofpad na die kerk sowel as die Laerskool Eligwa.

Die kerk en die skool het AfriForum se Vanderbijlpark-tak genader om hulle te help om die pad se slaggate op te vul. In totaal het 36 AfriForum- en gemeenskapslede saam met tien kinders dié dag gehelp om ongeveer 300 sakke teer van 25 kg elk in slaggate in te werk. Dié tak beplan om hierdie aksie oor twee Saterdae te voltooi.

“Die bestuur van die Vanderbijlpark-tak wil almal wat gehelp het vir hul tyd en moeite bedank. Ons moedig ook ondernemings en ander instansies aan om die tak te kontak vir saamwerkgeleenthede om sodoende ’n verskil in ons dorp te maak. Dit is belangrik dat ons saamwerk om ’n daadwerklike verskil te maak aangesien die munisipaliteit nie meer hul verpligtinge nakom nie,” sê Stephanus Blignault, distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Om betrokke te raak stuur ’n e-pos na vanderbijlpark@afriforumtak.co.za.

Soortgelyke plasings