| |

ENDICOTT-BUURTWAG BEVEILIG PADOPPERVLAK

Die Endicott-buurtwag, wat deel vorm van die AfriForum-tak in Springs, het op 28 Januarie 2021 hulp verleen om die padoppervlak van die R42 tussen Endicott en Nigel skoon te maak nadat olie vermoedelik opsetlik daaroor uitgegooi is. Nadat die eerste vragmotor geknipmes het, het die buurtwaglede dadelik begin om die pad gedeeltelik af te sper. Houtsaagsels is op die padoppervlak van nagenoeg 80 m gegooi, waarna dit weer skoongevee is.

Volgens Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak, het die vinnige optrede van die AfriForum-lede beslis verdere ongelukke, definitiewe skade en selfs noodlottige beserings verhoed. Dit is net nóg ’n bewys dat AfriForum daar is vir gemeenskappe.

“Dit word ál duideliker dat gemeenskappe moet begin saamstaan en dinge self doen weens die munisipaliteite se onvermoë om dienste te lewer. Ons is dankbaar vir die buurtwag se spoedige optrede om motoriste se veiligheid te verseker,” sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Soortgelyke plasings