|

Rustenburg-tak sny gras om veiligheid te verbeter

AfriForum se Rustenburg-tak het reeds in Januarie met hul volhoubare skoonmaakprojek weggespring en drie hektaar se gras op die hoek van Kerk-, Bult- en Krugerstraat gesny om sodoende veiligheid te verbeter.

Die tak het onlangs ’n trekker aangeskaf wat deurlopend gebruik sal word en die skoonmaak van die dorp sal vergemaklik. Jan van Zyl en sy span het ’n skedule opgestel wat die probleemareas identifiseer en gaan in die toekoms daarop fokus.

“Ons kan nou vinniger nog meer gras sny. Netjiese gebiede verbeter veiligheid aangesien  misdadigers nie meer skuilplek het nie,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Word vandag nog deel van die oplossing en sluit by AfriForum se Rustenburg-tak aan: SMS “Rustenburg” na 45344 (R1), of kontak Dawie Conradie by 082 930 9905.

Soortgelyke plasings